
- This event has passed.
Poësieaand: Oolog deur Nathan Trantraal en Chinatown deur Ronelda Kamfer
13 March 2020 5:30 pm - 7:00 pm

Kom kuier saam met ons vir ‘n poësieaand. Ons bied aan die bekendstelling van twee versaamelings, Nathan Trantrall se Oolog en Ronelda Kamfer se Chinatown, aangebied deur Ruan Pedro.
In die bekroonde digter Nathan Trantraal se derde bundel, Oolog, word stryd, konflik en oorlogvoering op verskeie vlakke ondersoek – nie net met verwysings op ’n nasionale en internasionale skaal nie, maar veral in die beskrywing van intieme, persoonlike ruimtes. ’n Dreigende atmosfeer by die huis en op straat word opgeroep.
In die bekroonde digter Ronelda Kamfer se vierde bundel, Chinatown, bied sy opnuut poësie met ’n emosionele slaankrag wat die leser nie onaangeraak sal laat nie. Geslagspolitiek word ondersoek deur ’n vrouestem wat opklink teen die patriargie. Verwysings na ’n gebroke verhouding tussen pa en dogter kom deurlopend voor. En kwessies wat deel vorm van die huidige sosio-politieke diskoers – vrouemishandeling, rassisme en armoede – kom aan die bod, maar word met ’n diep menslikheid hanteer.
If you'd like to attend, please RSVP