Charmaine Africa
	R250.00
In haar verrykende memoir skryf Charmaine Africa op narratiewe wyse, en in Kaaps, oor haar grootwordjare in Bishop Lavis. Haar lewensverhaal, wat verras met humoristiese oomblikke, sentreer op die alledaagse bestaan van haar familie vanaf die 1960’s: haar ma, Amma, wat spartel om haar werk en gesin bymekaar te hou; haar alkoholis-pa; haar susters wat ook ‘n verbete stryd in hul eie huwelike voer; haar broers wat uiteindelik voor die drankduiwel swig; en haar eie ontwikkeling as kind tot ‘n jong vrou wat ‘n onvermydelike siklus probeer veg. Amma gee ‘n stem aan die oorlewingstryd op die Kaapse Vlakte en ‘n eerlike blik op die kringloop van kru armoede.
In stock
	
	
		SKU: 9780624094876
	
	Categories: Branden, Celebrating African Women and Non Binary Writers, Local Fiction