Bloedsomer

R350.00

Petunia Moraleng, voormalige stasiebevelvoerder op Parys, is haar rang kwyt en oorgeplaas Mooibaai toe. Die bedompige klimaat voel soos ‘n tronksel en sy mis die ooptes van die Vrystaat en, daarmee saam, bekostigbare blyplek. Speursersant JP Hendriks, aan wie sy deesdae rapporteer, toon boonop nie ‘n greintjie simpatie nie.

SKU: 9780798184212 Category:

Bloedsomer

Een Vrydagoggend in Desember vang ‘n vakansieganger met sy hommeltuig se kamera ‘n afgryslike toneel vas. Tussen die voetstukke van ‘n geroeste windpomp in ‘n afgeleë stuk veld lê ‘n bebloede bondeltjie mens. Minder as 24 uur later word ‘n foto van nóg ‘n slagoffer in ‘n stegie van die onderdorp soos ‘n veldbrand op sosiale media versprei.

Petunia en JP bevind hulself oornag as die hoofondersoekers in ‘n duistere moordsaak. En die enigste leidraad is ‘n albaster wat in die eerste slagoffer se hand vasgeklem was.

You might be interested in