My Jaar van Vrees en Vryheid

R350.00

My jaar van vrees en vryheid is ‘n reisverhaal oor ‘n sprongjaar in Marita van der Vyver se lewe – ‘n sprong van veiligheid en sekerheid na vrees en onsekerheid – en ontgin ‘n hele leeftyd se herinneringe van een van Afrikaans se grootste skrywers.
SKU: 9780624095682 Category:

My Jaar van Vrees en Vryheid

Soms moet ‘n mens baie verloor – en ook bereid wees om self verlore te raak – voordat jy waarlik vry kan wees.
Dit is een van die lesse wat Marita van der Vyver leer toe die pandemie die mat onder haar en haar Fransman se voete uitruk en hulle noodgedwonge hulle geliefde ou huis op die Franse platteland moet verkoop. Hulle besluit om te doen waarvoor min mense moed het: om van die meeste van hulle aardse besittings ontslae te raak en ver in die wêreld te gaan reis.
Want wat is meer bevrydend as die wete dat jou volgende blyplek enige plek op aarde kan wees? Daar is immers ‘n groot verskil tussen huisloos en haweloos. Jou tuiste is waar jou hart ook al is, en Marita se hart lê nou op die langpad, uitgestrek oor die wêreldkaart, kloppend van nuuskierigheid oor onbekende plekname en paadjies wat bekende skrywers, kunstenaars en musikante eens bewandel het.
Hoe verder sy wegdwaal van wat voorheen haar huis was, hoe meer rig sy haar innerlike kompas op hierdie voorlopers se ervarings totdat die skrywer André Gide se woorde mettertyd soos ‘n helder ster bokant die verste bult hang: ‘Jy kan nie nuwe lande ontdek sonder om eers in te stem om die kus vir ‘n baie lang tyd uit die oog te verloor nie.’

Product Details

Trade Paperback
ISBN: 9780624095682
Pages: 288

You might be interested in